Die minister van Staatsdiens en Administrasie, Noxolo Kiviet, sê staatsamptenare sal nie ingetrek word by die oordrag van politieke mag na die algemene verkiesing in Mei nie. Dít aangesien alle staatswerkers sal voortgaan om die wettige beleid van die regering van die dag lojaal uit te voer.

Die minister sê die openbare administrasie van die land op alle vlakke sal teen politieke inmenging en misbruik beskerm word. Artikel 197 van die Grondwet bepaal dat daar binne openbare administrasie ’n staatsdiens vir die republiek is, wat ingevolge nasionale wetgewing moet funksioneer, en gestruktureer moet wees, en wat die wettige beleid van die regering van die dag lojaal moet uitvoer.

error: Inhoud is beskerm !!