Die staatskapingskommissie hoor vandag nog getuienis aan wat verband hou met die Vrystaatse behuisingsprojek

Die staatskapingskommissie hoor vandag nog getuienis aan wat verband hou met die Vrystaatse behuisingsprojek.

Die hoof van die provinsiale Departement van Menslike Nedersettings, Nthimotse Mokhesi, het gister getuig dat ’n vooruitbetaling van R600-miljoen aan maatskappye gemaak is voordat enige werk gedoen is.

Meer as ’n honderd verskaffers en kontrakteurs het hierby baatgevind.

Mokhesi sê verskaffers en kontrakteurs het egter geen werk gelewer nie.

Luister na potgooie hieronder