Die Vryemarkstigting, of VMS, het gesê die staatsrede het irrelevant geword en is ‘n poging om die feit te verdoesel dat die regering in ‘n gevorderde stadium van ineenstorting is. Martin van Staden, beleidshoof van VMS, het Suid-Afrikaners gewaarsku om hul aandag nie te laat aflei deur die staatsrede nie.
Maroela Media berig die stigting vra dat mense verantwoordelikheid moet neem vir hul eie gesinne, gemeenskappe en hulself want die regering gaan nie tot hul redding kom nie. Die weelderige geleentheid vind plaas teen die agtergrond van onbeheerste werkloosheid, hoë geweldsmisdaadkoerse, die mislukking van Eskom en endemiese korrupsie.
Van Staden het gesê Suid-Afrikaners, gesinne en gemeenskappe is op hul eie. Slegs ‘n klein aantal Wes-Kaapse munisipaliteite is nog instaat om regeringsdienste te lewer. Die VMS het gesê Suid-Afrikaners moet hulself staatsbestand maak en weerstand bied teen ‘n regering wat hul oorblywende vryheid wil wegneem.
1 Comment
Comments are closed.