Die Stad Johannesburg het bevestig dat die ontploffing in Breestraat Woensdag gas veroorsaak is. Die presiese bron van die gas is egter nog nie bepaal nie. Die stad het ook onwettige mynbou uitgesluit nadat ‘n geoloog die afgelope week gesê het zama zamas is al ‘n geruime tyd ondergronds besig in die ou Witwatersrand-myn-gebied waar talle goudmyne in die verlede aktief was. Daar word bespiegel dat die ontploffing moontlik weens rioolgas kon wees. ‘n Plofstofkenner het aan Netwerk 24 gesê die ontploffings kan in ander gebiede ook voorkom waar riool-en stormwaterstelsels nie onderhou word nie. Intussen is die meeste van diegene wat in die ontploffing beseer is reeds uit die hospitaal ontslaan.
