Die kommissie van ondersoek na die Usindiso-brandtragedie het bevind dat die Stad Johannesburg aanspreeklik is vir die ramp. 76 mense is verlede Augustus dood, toe ‘n brand in die Usindiso-gebou in Marshalltown in Johannesburg uitgebreek het.
Regter Sisi Khampepe het gister die eerste deel van haar verslag oor die tragedie aan premier Panyaza Lesufi oorhandig. Hierin vra Khampepe vir die sloping van die gebou.
Die kommissie het bevind die gebou is reeds in 2017 verlate gelaat, en dat die Stad Johannesburg geweet het van die mense wat die gebou onwettig beset het.