Die plan vir stadige vrystelling van water uit ‘n vierde Riverlands dam, naby Malmesbury het misluk.

Volgens eNCA was die Swartland Munisipaliteit weer die naweek gedwing om ‘n aantal inwoners te ontruim.

Dit skaars ‘n week nadat twee opgaardamme ineengestort het, wat tot die oorloop van ‘n derde dam gelei het. Dit blyk dat ‘n ingenieursmislukking die keer tot die inwoners se tragedie gelei het.

LEES MEER: Twee mense word vermis nadat damwalle bars

Die nuwe oorstroming het skade aan eiendom en infrastuktuur veroorsaak en sekere dele van die dorp is nou nog sonder water en elektrisiteit.

Die departement van water en sanitasie is glo gewaarsku oor die moontlike risikos en inwoners wil nou weet wie verandwoordelik gehou moet word vir die nuutste oorstroming.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×