Die staking in die begrafnisbedryf bekommer die Departement van Gesondheid

 Die staking in die begrafnisbedryf bekommer die Departement van Gesondheid

Die Departement van Gesondheid sê begrafnisondernemers se beplande staking van drie dae wat vandag begin kan tot ongewenste toestande en openbare gesondheidsrisiko’s lei.

Direkteure van begrafnis-ondernemings eis dat die uitkontraktering van lykshuisgeriewe erken en gewettig word.

Hulle wil ook hê munisipale verordeninge moet gewysig word om groepsberging moontlik te maak.

Muzi Hlengwa van die Nasionale Vereniging vir Begrafnispraktisyns het aan eNCA gesê ‘n staking is hulle enigste keuse.

LeandreAdmin@