Die staking van die gesondheidsorgvakbond (Nehawu) by die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het gister sy vierde dag betree.

Nehawu-lede het verlede week begin staak nadat onderhandelinge vir die 2023/2024-salarisverhogings in duie gestort het.

Die vakbond het ‘n verhoging van 8% geëis, terwyl Okosa 4,4% geïmplementeer het.

Lede het gister ‘n memorandum van eise aan die bestuur voorgelê. Okosa het belanghebbendes gerusgestel sy hoofkantoor en streekkantore sal ondanks die staking oop bly.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×