Die aantal mense wat gesterf het op die terrein van die ineengestorte gebou in George het nou tot 15 toegeneem. Na raming was 81 konstruksiewerkers in die gebou toe dit Maandagmiddag ineengestort het. Reddingswerkers het 44 werkers gekry en 15 van hulle is dood. Daar is steeds 37 werkers wat nie gevind is nie. Die minister van Polisie, Bheki Cele, sal na verwagting die terrein vanoggend besoek.
