Die stigter, en eerste bevelvoerder van die Vroueleërkollege in George, het Vrydag sy 91ste verjaardag in Bloemfontein gevier.

Netwerk24 berig generaal Martinus du Plessis, was ook bevelvoerder van 1-Valskermbataljon in Bloemfontein.

Generaal du Plessis, of “Oom Doepie” – soos hy eerder genoem wil word – het gesê die Vroueleërkollege staan vir hom as hoogtepunt uit, maar hy het ook sy tyd by die
Valskermbataljon uitgesonder.

Volgens hom het hy die voorreg gehad om bevelvoerder te wees van twee van die beste eenhede in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.

Hy bestempel sy hele loopbaan as ‘n groot plesier.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×