Jabulani Khumalo, stigter van die MK-party, het ‘n dringende aansoek by die verkiesingshof ingedien, om sy verwydering as party-president ter syde te laat stel. Khumalo vra dat die besluit om oudpresident Jacob Zuma in sy plek aan te stel, as ongeldig en onregmatig verklaar word. Volgens Khumalo het Zuma onregmatige besluite, en stappe geneem, toe hy Khunalo as president verwyder, en sy partylidmaatskap beëindig het.
Intussen blyk die MK-party min gepla te wees oor die konstitusionele hof se uitspraak dat sy leier nie as LP-kandidaat in aanstaaande week se verkiesing mag staan nie . . . Die uMkhonto weSizwe Party/MK-party, sê die konstitusionele hof se besluit dat sy leier, oudpresident Jacob Zuma, nie kwalifiseer om parlement toe te gaan nie, verander absoluut niks nie. MK-partywoordvoerder, Nhlamulo Ndhlela sê aan SABCNews, Jacob Zuma se gesig pryk steeds op die stembrief, en dat dit juis is wat hulle wou bereik.