Terwyl vrywilligers ontbindende liggame vanuit die Stilfontein-myn na die oppervlak bring, het onwettige mynwerkers ondergronds om hulp gevra om die siekes ook te red.
News24 berig dat die onwettige mynwerkers in ʼn brief skryf dat baie mense siek is en op die rand van die dood verkeer.
Hulle vra dat die siekes ook gered word nadat die liggame van die oorledenes na die oppervlak gebring is.
Terwyl die vyfde liggaam na die oppervlak gehys is, het die gemeenskapsleier, Johannes Qankase, gesê dat indien die polisie hulle vroeër toegelaat het om mense te help, sommige van die oorledenes moontlik nog sou geleef het.