Theuns du Toit, die student van die Universiteit Stellenbosch wat daarvan beskuldig is dat hy in Mei op ‘n mede student se besittings geürineer het is uit die universiteit geskors. Die universiteit sê die tugproses teen Du Toit is einde verlede maand afgehandel waarna ‘n onafhanklike tugkomitee hom aan verskeie oortredings skuldig bevind het. Dit sluit in betreding en skendings van die universiteit se bepalings oor waardes en gedrag. Die tugkomitee wat onafhanklik van die universiteit se bestuur funksioneer en het ná ‘n deeglike ondersoek besluit om Du Toit te skors.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×