Die studente-organisasie, SASCO, doen beroep op die Universiteit van die Vrystaat

Die studente-organisasie, SASCO, het ‘n beroep op die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein gedoen om hulle NSFAS toelae vir verblyf en studiegeld goed te keur.

Volgens die studente-organisasie kan studente, wat nog nie hul geld gekry het nie, uit hul koshuise en ander verblyf gesit word.

Sommige studente, wat in ongeakkrediteerde akkommodasie bly, sê hulle kry voortdurend dreigemente dat hulle uit gesit gaan word weens wanbetaling.

Intussen het studente weereens gisteroggend probeer om die hoofingang van die Bloemfonteinse kampus te versper.

Luister na potgooie hieronder