Die Studentefinansiële hulpskema vra hulp van die privaatsektor

Die Studentefinansiële hulpskema, NSFAS, het ‘n beroep op die privaatsektor gedoen om te help om die studies van tersiëre studente te finansier.

Ernest Khosa, Raddsvoorsitter van NSFAS, het dit as ‘n belangrike ontwikkeling in die regte rigting bestempel.

Volgens hom is die privaatsektor die grootste verbruiker van vaardighede wat by tersiëre inrigtings ontwikkel word.

Hy sê dat dit tyd is dat hulle ook ‘n bydrae lewer.

Die skema het intussen ook ‘n ongekwalifiseerde ouditverslag van die Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, ontvang.

Luister na potgooie hieronder