Die Studenteraad van die Universiteit van die Vrystaat eis die onmiddellike bedanking van die vise-kanselier

Die Studenteraad van die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein eis die onmiddellike bedanking van die vise-kanselier en rektor, professor Francis Peterson.

Volgens Katleho Lechoo, die president van die Studenteraad, sal ‘n lys met griewe vandag aan die universiteit se bestuur oorhandig word.

Luidens berigte sê Lechoo die bestuur is onder meer arrogant met die hantering van studente se griewe.

Intussen is die Universiteit van die Vrystaat se hoofkampus sowel as die kampus van die Sentrale
Universiteit van Tegnologie gesluit weens protesoptrede.

Die protesoptrede het laasweek reeds begin as deel van ‘n reeks betogings deur studente by tersiêre-instellings in die land.

Lechoo sê hulle sal voortgaan met eise dat studente toegelaat word om te registreer vir die nuwe akademiese jaar, en dat hul studieskuld afgeskryf word.

Luister na potgooie hieronder