TLU SA sê hy is bekommerd oor die stygende dieselpryse en die uitwerking daarvan op voedselsekuriteit.

TLU SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, het gesê met vandeesmaand se verhoging betaal verbruikers nou reeds R8 per liter meer as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Rosestad-nuus het gister berig, gegrond op huidige ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds, is die voorspelling dat die prys van diesel in November met tot soveel as R160 per liter kan toeneem.

Die prys van petrol sal na verwagting met tussen 41 en 51 sent per liter styg.

Bydraende faktore, aldus die kenners, is die hoër internasionale olieprys en tot ‘n mindere mate die rand se swakker vertoning teenoor die Amerikaanse dollar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×