Die Suid-Afrikaans-gebore Hollywood aktrise, Charlize Theron, het wyd kritiek ontlok nadat sy ten tyde van ‘n potsending-onderhoud gesê het dat daar omtrent net 44 mense in Suid-Afrika oor is wat nog Afrikaans praat.

Sy het ook gesê Afrikaans is aan die uitsterf en dat dit nie juis ‘n nuttige taal is nie.

Hierdie stellings het tot skerp kritiek op sosialemedia gelei.

Sommige mense het met woede reageer en het van hulle laat hoor presies wat hulle van Theron en haar uitlatings oor haar eie moedertaal dink.

Ander het weer die werklike stand van Afrikaans verduidelik deur te noem dat dit ‘n lewende taal is wat deur miljoene mense gepraat word.

Volgens Theron het sy sélf Afrikaans gepraat tot sy omtrent 19 jaar oud was, en het sy eers werklik Engels begin praat toe sy na Amerika verhuis het om haar droom
om aktrise te word, na te jaag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×