Die Suid-Afrikaanse ekonomie het op ‘n jaarlikse gondslag met 6,3% gegroei

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het op ‘n jaarlikse gondslag met 6,3% gegroei, nadat groei van 1,5% in die vierde kwartaal plaasgevind het.

Die Bruto Binnelandse Produk het egter verlede jaar in vergelyking met die vorige jaar met 7% gekrimp.

In Statistieke Suid-Afrika se verslag is huishoudelike uitgawes en uitvoere die grootse bydraers tot groei te same met hoër besteding op goedere, dienste en indiensneming deur die staat.

Verder het 8 van die 10 sektore in die vierde kwartaal positiewe bydraes getoon.

Verhoogde produksie in die voedsel-, drank- en motorbedrywe het die vervaardigingsektor aangedryf.

Die handelsektor is aangedryf deur die klein- en motorhandel asook spyseniering en akkommodasie.

Ekonomiese bedrywighede in die myn- en finansiële sektore, asook eiendom- en sakedienste het
egter ‘n afname getoon.

Luister na potgooie hieronder