Die Suid-Afrikaanse fietsryer Daryl Impey was Sondag die naaswenner in ’n eendagwedren in Frankryk

Die Suid-Afrikaanse fietsryer Daryl Impey was Sondag die naaswenner in ’n eendagwedren in Frankryk.

Impey het die Royal Bernard Drome Classic oor 179,2 km 11 sekondes ná die wenner, die Italianer Andrea Bagioli voltooi.

Bagioli se wentyd was 4 uur, 23 minute en 18 sekondes.

Dit is slegs die 36-jarige Impey se derde wedren vir sy nuwe span, Israel Start-Up Nation (ISN), nadat hy tevore by Mitchelton-Scott was.

Luister na potgooie hieronder