Die Suid-Afrikaanse inkomstediens, of S.A.I.D, het nou ‘n nuwe loonaanbod aan vakbonde gemaak wat vandeesweek met stakings wil begin. Netwerk24 berig die S.A.I.D. het Saterdag op ‘n spesiale vergadering van die nasionale bedingingsforum gesê hy kan besparings van die vorige boekjaar gebruik om ‘n mate van  finansiële verligting aan werknemers te gee. Geen besonderhede oor die grootte van die bedrag is egter in sy mediaverklaring gegee nie. Die inkomstediens het aanvanklik geen verhoging vir vanjaar aangebied nie, terwyl die vakbond Nehawu en die Vereniging vir Staatsamptenare ‘n verhoging van inflasie plus 7% eis. Albei vakbonde het stakingsertifikate bekom om hierdie week landwyd met stakings by alle S.A.I.D.-kantore te begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×