Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens open vandag amptelik die jaarlikse opgawe-seisoen

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, oftewel SAID, open vandag die jaarlikse opgawe-seisoen.

Na verwagting sal die kommissaris, Edward Kieswetter, die media tydens die opening toespreek.

Opgawes kan tans nie persoonlik by SAID- takke ingedien word nie, weens die landswye toename in Covid-19-infeksies.

Belastingbetalers is verlede week deur die SAID in kennis gestel dat opgawes aanlyn ingedien kan word.

Die Inkomstediens se mobiele toepassing kan ook gebruik word.

Luister na potgooie hieronder