Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes, of SAJBD, beweer dat antisemitisme in Suid-Afrika met meer as 600 persent toegeneem het. Sommige Suid-Afrikaanse Jode beskryf dat hulle geteiken voel en sê hulle oorweeg dit om die land te verlaat.

Die anti-apartheidsaktivis, Howard Sackstein, sê baie Joodse Suid-Afrikaners voel toenemend dat hulle nie meer welkom in Suid-Afrika is nie. Hy het ook verwys na ‘n voorval verlede week waar ‘n raadslid van die Stad van Johannesburg, Daniel Schay, uitgejou is omdat hy ‘n Dawidster op sy das gedra het.

Netwerk 24 het verlede week berig die voorsitter van die SAJBD, prof Karen Milner, het gesê daar was van Oktober tot Desember ‘n toename van 631% aangemelde antisemitiese voorvalle teenoor dieselfde tydperk in 2022. Milner het gereageer op ‘n onderhoud van die minister van justisie op BBC dat daar geen antisemitisme teen jode in Suid-Afrika is nie. Milner het gesê agt sake is by die polisie aanhangig gemaak vir onder andere aanranding, die beskadiging van eiendom en die aanhitsing tot geweld. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×