Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, of SAKP, sê hy gaan voort met sy beplande 135 dae van massa-mobilisering oor Janusz Walus se onlangse vrylating op parool.

Dié massa-aksie spruit uit die konstitusionele hof se weiering om Walus se vrylating te heroorweeg en te herroep.

Die SAKP en Chris Hanis se weduwee, Limpho, beplan nou om die Afrika-kommissie oor Menseregte te nader weens hul ontevredenheid met die konstitusionele hof se bevinding.

Walus het Hani, die destydse SAKP-leier op 10 April 1993 in ‘n sluipmoordaanval in Boksburg vermoor.

Die ANC, Cosatu en verskeie ander organisasies sal skynbaar by die massa-optrede betrokke wees.

Luidens ‘n verklaring sal die massa-aksie voortduur tot die 30ste herdenking van die sluipmoord, waarna die betrokke partye oor die pad vorentoe sal besluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×