Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se sakereddingspraktisyns sê die regering het die wet oortree

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se sakereddingspraktisyns sê die regering het die wet oortree in sy lys van voorwaardes vir die gebruik van geld wat as reddingsboei vir die lugdiens beskikbaar gestel is.
R1,5 miljard is deur die regering aan SAL beskikbaar gestel.
Die sakereddingspraktisyns sê egter dat die geld nie gebruik kan word voordat die voorwaardes nie nagekom word nie en sê die departement van Openbare Ondernemings moet die voorwaardes eers wysig.
Die minister van Finansies, Tito Mboweni, het in Oktober vanjaar ‘n bykomende R10,5 miljard aan die SAL beloof.

Luister na potgooie hieronder