Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissaris het aangekondig dat die Hoofstuk 9-instelling saam met die Departement van Onderwys werk om ‘n maatskaplike kohesie-kurrikulum te ontwikkel.

Die kommissie se André Guam sê tydens die verhore oor die Julie-onrus was die deurlopende tema gedurende die getuienis, dat armoede, werkloosheid en rassisme die hoofkragte agter die onrus was.

Guam sê dat sosiale kohesie en diversiteitsopleiding deel van die skoolstelsel moet word.

Dit is in ‘n poging om rasse- en ander sosiale konflikte aan te spreek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×