ActionSA in die Vrystaat het gesê hy het skriftelike bevestiging van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, of die SAMRK, ontvang dat hulle die Jagersfontein-mynslikdam-ramp gaan ondersoek.

Dit volg op ‘n klagte wat op 29 September by die SAMRK ingedien is.

Die SAMRK is gevra om ‘n dringende ondersoek van stapel te stuur na menseregteskending deur die Departement van Minerale Bronne en Energie, die Jagersfontein-ontwikkeling en die Kopanong-munisipaliteit.

ActionSA se Patricia Kopane het gesê twee mense is tydens die tragedie dood en verskeie mense het hul vee, besighede en huise verloor.

Die ramp het op Sondag 11 September plaasgevind, toe ‘n mynslikdam se wal megegee het en ‘n slikgolf die omgewing verswelg het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×