Die Suid-Afrikaanse Munt het vandag sy nuutste muntstuk in sy tweede Groot Vyf-muntreeks bekend gestel. Die luiperd pryk nou op die nuutste toevoeging tot die reeks. Die luiperd munte is beskikbaar in goud, silwer en platinum. Die Munt sê in ʼn verklaring dat die laaste toevoeging, ʼn buffel, later in die jaar uitgereik word en dat die ontwerpspan reeds besig is om aan die derde reeks te ontwerp.