Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens, of SANBS, doen ‘n dringende beroep op álle kwalifiserende bloedskenkers om so gou moontlik te skenk, aangesien sy bloedreserwes landwyd laag is.

Natalie Booysen, skakelbeampte van die SANBS in Bloemfontein, het aan Rosestad-nuus gesê alle skenkers word gevra om te help voorkom dat die bloedtekort ‘n krisis word.

Sy sê veral O-bloedgroep-skenkers word aangemoedig om dringend te skenk.

O-tipe bloed kan in noodgevalle vir alle pasiënte gebruik word.

Bloemfonteiners kan bloed skenk b Victorian Square in Westdene, Bloemplaza in die middestad en in die Southern Centre in Fichardtpark.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×