Benewens jolyt, is dit ongelukkig ‘n feit dat gedurende die feesseisoen, en met enige openbare vakansiedae en langnaweke, die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens hulle vir ‘n verhoogde vraag na bloed en bloedprodukte gereed moet maak.

Om sake te vererger skenk mense ook minder bloed as gewoonlik gedurende vakansies en oor langnaweke en dit is juis gedurende hierdie tye wanneer die aanvraag op sy hoogste is.

Die bloeddiens doen ‘n dringende beroep op skenkers om nou bloed te skenk. Besoek www.sanbs.org.za of skakel 0800 11 9031 om uit te vind waar jou naaste skenkersentrum of mobiele bloedskenkstasie is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×