Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het aangekondig dat die N3-hoofweg op 21 Junie vanaf tienuur die oggend vir vier ure heeltemal gesluit sal wees.

Volgens Sanral is die sluiting noodsaaklik om Eskom-ingenieurs se werk te vergemaklik terwyl hulle oorhoofse kraglyne wat die N3 kruis, verhoog.

Motoristse sal na alternatiewe roetes herlei word.

Sanral versoek motoriste om geduldig te wees tydens die sluiting.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×