Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die polisie en ander nooddienste moes Saterdagnag talle inwoners van die eThekweni-metro in KwaZulu Natal uit hul wonings ontruim, nadat modderstortings hier op nog vloede gevolg het. Tot soveel as 300mm reën is Saterdag en gister in dié metro gemeet. Talle paaie is weens stormwater beskadig en gesluit. Rosestad-nuus het in April berig oor grootskaalse verwoesting in dié provinsie weens vloede waarin vier-honderd-agt-en-veertig mense dood is. Agt-en-tagtig mense word steeds vermis. Die Volksblad berig meer as dertien-duisend huise is beskadig en minstens vier-duisend gesinne is dakloos gelaat. Die skade word op nagenoeg vyf-en-twintig miljard rand geraam. Hoewel daar vir vandag en môre slegs ligte reën voorspel word, bly nooddienste hier steeds op hoë gereedheid.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×