Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag staar buitensporige eise in die gesig. Minstens een eis van meer as 145 miljoen rand is vir die beweerde moord op ‘n man van Mpumalanga. Dit is onthul in die departement van verdediging se litigasieverslag, wat 10 hofsake bevat waarby die departement betrokke is. Die 36-jarige Eunicent Dilebo van Mpumalanga is in Julie 2020 dood toe die polisie en soldate van die weermag gereageer het op ‘n boendoegeregtigheid-voorval. Sy motor was luidens berigte naby die toneel en lede van die weermag het die insittendes van die motor glo begin aanrand. Dilebo is doodgeskiet toe hy probeer het om weg te hardloop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×