Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie, of Sapu, het wéér gevra dat moord op ‘n polisiebeampte tot hoogverraad verklaar word.

Dié dringende versoek volg op die onlangse moord op nog vier polisiebeamptes, in afsonderlike voorvalle, binne die bestek van net drie dae.

Drie van die beamptes is Vrydag in onderskeidelik KwaZulu-Natal, Gauteng en Mpumalanga vermoor.

Die vierde polisiebeampte het Sondag in Khayelitsha ‘n moordslagoffer geword.

Misdaadstatistieke toon Suid-Afrika het vanjaar reeds 31 polisiebeamptes tussen April en Junie verloor.

Sapu sê moord op polisiebeamptes sal bly toeneem, indien daar nie ‘n permanente oplossing gevind word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×