Die polisie het toestemming van Ronald Lamola, die minister van justisie en korrektiewe dienste, gekry om tot 2028 telefoonsein-onderskeppingstoestelle te gebruik.

Volksblad berig die polisie kan nou Suid-Afrikaners se selfoonoproepe, rekenaarkommunikasie, selfoonbeweging, beweging in die aand en telefoon- en selfoongesprekke opneem of verfilm.

Dit geskied met onder meer behulp van ’n rekenaartoetsbord, asook met nagvisie- en termiese-beeld-apparate, meeluistertoestelle, mikrofone wat elektronies versterk is, toestelle wat laser kan onderskep, miniatuur-radiofrekwensiesenders, miniatuur-opnametoestelle en miniatuurvideo- en klank-opnamekameras.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×