Die Suid-Afrikaanse Polisiediens, of SAPD, se spesiale taakmag-eenheid is onder die tien beste SWAT-spanne ter wêreld.
Maroela Media berig dié eenheid het pas teruggekeer van Doebai, waar hy en 54 ander spanne van wetstoepassingsagentskappe aan die jaarlike VAE SWAT-uitdaging deelgeneem het.
Die groep moes hulle slag met taktiese uitdagings, kamma-gyselaar-reddingsaksies en klopjag- en hindernis-uitdagings dwys.
Die Suid-Afrikaanse span is boonop die beste SWAT-span op die Afrika-vasteland, nadat hulle Kenia en Libië geklop het.
Die taakmag se bevelvoerder, generaal-majoor Nonhlanhla Zulu, het gesê die span is tevrede met die uitslag en hoop om volgende jaar selfs beter te vaar.
Die spesiale taakmag is ʼn hoogs gespesialiseerde eenheid en reageer slegs op hoërisiko situasies.
Dit sluit gyselaar-gevalle asook soek- en reddingsoperasies in.
Verder bied die taakmag gespesialiseerde operasionele ondersteuning aan ander eenhede binne die SAPD.