Die 4 889 werknemers wat deur die Suid-Afrikaanse Poskantoor afgedank is, sal vanaf aanstaande week uitbetalings van hulle afleggingspakette ontvang. Hoewel die eerste uitbetalings aanvanklik eers teen einde Junie verwag is, het die Poskantoor se sakereddingspraktisyns bevestig dat die nodige administratiewe werk reeds voltooi is.

Volgens Maroela Media sal die tweede, en derde betalings in September en November gedoen word. Die aantal werknemers wat nou afgelê word, is effens minder as die 6 000 poste wat aanvanklik besnoei sou word. Ná die jongste afleggings, sal die Poskantoor ongeveer 6 300 werknemers hê, wat by sy nagenoeg 800 oorblywende takke diens sal doen.

In 2016 het die Suid-Afrikaanse Poskantoor werk aan meer as 16 000 mense verskaf, met ‘n landwye netwerk van meer a 1 400 takke.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×