Solidariteit het verlede week in ‘n verdere hofgeding met die Suid-Afrikaanse Poskantoor, of SAPO, verseker dat agterstallige mediesefondsbydraes van omtrent
R4,5 miljoen teen eerskomende Vrydag aan lede betaal sal word.

Dit volg nadat Solidariteit ’n tussentydse hofbevel bekom het om te verseker dat dié staatsentiteit Solidariteit-lede se agterstallige mediesefondsbydraes betaal.

Volgens Solidariteit bly dit problematies dat staatsentiteite deurlopend versuim om ooreenkomste met werknemers na te kom.

Die tussentydse uitspraak wat vereffening teen die einde van die week afdwing, is aanvullend by die vorige uitspraak wat ’n betaling van drie miljoen rand verseker het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×