Die Communications Workers Union (CWU) het gewaarsku dat daar ‘n ‘groot moontlikheid’ is dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor teen die einde van hierdie maand kan ophou funksioneer.

SABC News berig die vakbond sê as die posdiensmaatskappy nie die bykomende R3,8 miljard se finansiering ontvang wat deur die regering belowe is nie, sal die poskantoor se kontantreserwes opraak.

In ‘n verklaring het die CWU kommer uitgespreek oor die vermoë om salarisse te betaal en bedrywighede te onderhou, te midde van pogings om ‘n moderne en volhoubare poskantoor te skep.

In reaksie op die jongste sitting van die Portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologie, sê die Unie se Nathen Bowers om die sakereddingspraktisyns te blameer, vertel nie die volle storie nie.

error: Inhoud is beskerm !!