Die Suid-Afrikaanse minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Ebrahim Patel, het gesê die regering moet alles moontlik doen om sy spesiale handelsverhouding met die VSA kerngesond te hou.

Suid-Afrika geniet tans voorkeur met betrekking tot die die Amerikaanse mark, deur die African Growth and Opportunity Act, of AGOA.

AGOA stel Afrikalande in staat om van hul produkte tariefvry uit te voer.

Die VSA het wel in die verlede reeds lande soos byvoorbeeld Kameroen “gestraf” vir optrede wat hy as teenstrydig met Amerikaanse belange beskou.

Die VSA is bekommerd dat Suid-Afrika se bande met Rusland te sterk raak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×