‘n Suid-Afrikaanse regerings-afvaardiging sal hierdie week poog om spanning met die Afrika-nasie se tweede grootste handelsvennoot, die Verenigde State van Amerika, oor buitelandse beleid te ontlont.
Die aksie het ook ten doel om sy voorkeurtoegang tot Amerikaanse markte te behou.
Suid-Afrika kan moontlik uitgesluit word uit die Agoa-ooreenkoms, wat die VSA met Afrika lande het.
Dit kan reuse ekonomiese verliese teweeg bring.
Die amptenare is ook van plan om te probeer wegdoen met dit wat hy bestempel as “verkeerde inligting” oor sy standpunt teenoor Rusland se oorlog met Oekraïne.
Die Suid-Afrikaanse regering sê hy handhaaf ‘n “neutrale” posisie heens die oorlog.