Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het aan BusinessTech gesê hy doen voortdurend navorsing om te bepaal of daar na hoër denominasie muntstukke en note oorgeskakel moet word. Dit sluit die moontlikheid van ‘n tien rand muntstuk en ‘n 500 rand banknoot in. Die stygende koste van inflasie en verhoogde lewenskoste het die debat geopen oor of die land hoër denominasies van munte en note moet oorweeg. Volgens ʼn studie wat gedoen is, is Suid-Afrikaners egter nog nie heeltemal gereed vir die 500 rand banknoot nie of ʼn muntstuk groter as vyf rand nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×