Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het vanmiddag die rentekoers met 75 basispunte verhoog.  Dit beteken dat rentekoerse nou op hul hoogste vlak sedert 2016 is.  Drie lede van die monetêrebeleidskomitee het ten gunste van die verhoging van 75 basispunte gestem, terwyl twee ‘n verhoging van 50 basispunte voorgestel het.  Die skuif bring die repokoers op sewe persent te staan, en die primakoers op tien-komma-vyf persent.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×