Die adjunk-goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Kuben Naidoo, het die entiteit verlaat.
Sy vertrek kom twee weke voor die Monetêre Beleidskomitee se eerste vergadering vir die jaar.
Business Day berig Naidoo se vertrek behoort nie ‘n groot impak op die eerste vergadering te hê nie.
Die vakature kan wel reperkussies in Maart inhou, wanneer daar moontlike onenigheid oor rentekoerse kan wees.