Die Suid-Afrikaanse Studente-Unie, die S.A.U.S, het hul sterk uitgespreek teen die verpligte inenting by universiteite omdat dit teen die grondwetlike regte van studente is. Die woordvoerder sê die organisasie sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat studente toegang tot kampusse het wanneer die akademiese jaar begin. Hy sê die S.A.U.S sal nie toelaat dat daar teen studente gediskrimineer word omdat hul hul grondwetlike reg uitoefen nie. Die organisasie sê hul moedig egter studente aan om ingeënt te word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×