Die Suid-Afrikaanse termiese steenkoolmynwerker Seriti Resources sê hy sal ‘n windplaas van 155 megawatt oor die volgende twee jaar in Mpumalanga bou. Dit is die eerste deel van ‘n beplande 900 megawatt hernubare energiegroepering in die land se steenkoolhartland. Seriti sê hy het ‘n kragkoopooreenkoms met sy hernubare-energie-filiaal, Seriti Green, onderteken vir die verskaffing van windkrag aan sy steenkoolmynbedrywighede. Die windplaas sal vier miljard rand kos.