Die Suid-Afrikaanse tiener Zoë Kruger is die enigste speler van die gasheerland wat die eerste ronde van die Ilana Kloss Internasionale tennistoernooi oorleef het

 Die Suid-Afrikaanse tiener Zoë Kruger is die enigste speler van die gasheerland wat die eerste ronde van die Ilana Kloss Internasionale tennistoernooi oorleef het

Foto: Rekord East

Die Suid-Afrikaanse tiener Zoë Kruger is die enigste speler van die gasheerland wat die eerste ronde van die Ilana Kloss Internasionale tennistoernooi Dinsdag in Potchefstroom oorleef het.

Die 18-jarige Kruger het mooi herstel om Kanada se voormalige topspeler Carol Zhao met 4-6, 6-4, 6-4 in die ITF-toernooi uit te skakel.

Haar suster, Bella (15), speel Woensdag in die eerste ronde teen haar landgenoot Suzanie Pretorius.

Bella was Maandag indrukwekkend in haar kwalifiserende wedstryd teen die Brit Naomi Broady en het met 6-1, 6-2 gewen.

Netwerk24 berig Chanel Simmonds, Suid-Afrika se voorste speler en enigste speler van die land wat regstreeks in die hooftrekking is, het haar met 7-6, 6-4 teen Eva Guerrero Alvarez van Spanje vasgeloop

LeandreAdmin@