Die Suid-Afrikaanse vroue-tennisspan is steeds op die wenpad in sy groep in die Billie Jean King-bekertoernooi in Vilnius , Litoue

Die Suid-Afrikaanse vroue-tennisspan is steeds op die wenpad in sy groep in die Billie Jean King-bekertoernooi in Vilnius, Litoue.

Die dames het gister skoonskip gemaak en Azerbeidjan met 3 – 0 en Dinsdag ook Namibië met dieselfde telling getroef.

Suid-Afrika speel volgende teen Montenegro om die groepwenner te bepaal. Lara van der Merwe het Woensdag vroeg-vroeg die Suid-Afrikaners laat voorloop en ‘n verspot maklike oorwinning van 6 – 1 en 6 – 2 oor Alina Gavrish behaal.

Die land se nommer een , Chanel Simmonds, het korte mette van haar opponent Umayra Hashimova gemaak en in net 44 minute die wedstryd met 6 – 1 en 6 – 0 beklink.

Alina Guseynova en Zuleyksha Safarova het ook geen weerstand teen die dubbels-kombinasie van Delien Kleinhans en Lara van der Merwe gebied nie en kon ook nie ‘n enkele pot in diè twee stelle wen nie.

Luister na potgooie hieronder