Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se inligting- en kommunikasiestelsels is weens ‘n kuberaanval van lyn af.

Volgens ‘n mediaverklaring word aspekte van kritieke dienste, insluitend lugvaart en mariene, onderbreek.

Boonop is die SAWD se e-posstelsel en webwerf, wat die middelpunt van kritieke weerinligting is, geraak. Alternatiewe maniere om belangrike inligting soos die weervoorspellings te versprei, is egter in plek gestel.

Terwyl die kuberaanvalle ondersoek word, word die publiek aangeraai om op die SAWD se sosiale media-platforms staat te maak vir weerinligting.

Die aanval was die tweede in die bestek van twee dae nadat die aanvanklike poging Saterdagaand misluk het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×