Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel dat die huidige swaar reën in dele van die land sal voortduur. Die regering het gister ‘n nasionale ramptoestand verklaar nadat hy ‘n opdatering van die Nasionale Rampbestuursentrum gekry het. Die sentrum het berigte ontvang van oorstroomde huise, weggespoelde voertuie asook oorvol damme en rioolgeriewe in dele van die land. Die weervoorspeller Lehlohonolo Thobela sê die bo normale reënval in dele van die land is weens die La Nina-seisoen.